082 341 8161info@artandwine.co.za

Grobler Piet

Grobler Piet

Born: 1959

Piet het oorspronklik ‘n graad in teologie aan die Universiteit van Pretoria behaal (1978 – 1984). Vir ‘n paar jaar was hy dan ook predikant. Daarna was hy joernalis en het by Sanlam sy prakties as joernalistieke student gedoen. Dit het uiteindelik nog vier jaar geduur voordat hy sy eerste liefde, kuns, sou beoefen. Hy word dan as kunstenaar by Sanlam aangestel (1991 – 1996). Vandag werk hy van die huis af. Hul eersteling, ‘n dogtertjie, is sy groot trots. Vir haar sal hy eendag die ongelooflike kinderboeke wat hy geillustreer het, kan voorlees. Boeke soos bv. “ Here I am” (deur Ann Walton). “Carnival of the Animals” (deur Philip de Vos). “The perfect bride” en “Olinosters op die dak” (deur Maritha v d Vyfer).

Vir hierdie boeke het hy verskillende nasionale en internasionale toekennings verwerf. In 1999 het “Carnival of the Animals” by die Japanese boekefees ‘n prys ontvang, by die Franse boekefees asook ‘n brons medalje by die Italiaanse boekefees en in 2001 weer ‘n aanmoedigingsprys in Japan. Plaaslik verwerf hy in 1997 die Tienie Holloway goue medalje vir sy bydrae tot kinderliteratuur. Hy werk graag saam met Philip de Vos. Hul boek “ Die spree met voete” wat onlangs gepubliseer is, bly ‘n mens veral by lank nadat jy dit gelees het vir hul sin vir humor van die eenvoudige maar ook die absurde. Ook die fyn besonderhede van bv die kousies van die engeltjies, die fyn kwasstrepies wat ‘n voëltjie word. Lank lewe KINDERBOEKE!